• Welkom
  • Boeke
  • Produksies
  • Kontak
Picture

INLIGTING:

ISBN: 9780980275407
Hardeband
Grootte: 150mm x 250mm
Bladsye: 550
Datum van publikasie: 01/12/08
Rakprys:R299

LEES RESENSIES:

Die Burger
Rapport
Litnet
Rapport2
Rapport3
Beeld

BESTEL NOU:

Bestel nou teen halprys posgeld ingesluit by bev@genugtig.co.za of reinet@genugtig.co.za
Ook beskikbaar op Kalahari.net en jou naaste boek winkel.

KOK EN SKINKER

Dirk Nagtegaal

Dirk Nagtegaal beskryf homself as 'n lekkerbek wat die lewe met sy tong beproef. Lekker kos en goeie wyn is by hom 'n passie. Die resepte in Kok en Skinker is oor drie generasies versamel, wat die boek uiters volledig maak met meer as 400 resepte, uitgewerkte menu's en nuttige wenke oor kos en wyn. Elke resep is deur die skrywer persoonlik getoets met die fokus op eenvoud in die kookkuns en pretensieloosheid oor wyn. 'n Heerlikheid vir almal wat die kuns van moeitelose kook wil verstaan.

Hierdie is nie net 'n respeteboek nie, maar 'n ware kookboek, met beskrywings oor die belangrikste kooktegnieke en wynkultivars wat elke tuiskok en skinker behoort te ken.

Basiese souse, kruie, slaaie, brood, sop en bredies, pastas, al die verskillende braaitegnike, alles oor ontbyt, vetvrye kos en fyngebak word bespreek. Die gedeeltes oor wyn is keragtig, maar omvattend genoeg om die mees algemene kultivars te dek en die leser met 'n wyd genoeg kennis te laat om met selfvertroue 'n geskikte bottel wyn vir ete te kan uitsoek.

Die boek bevat meer as 400 volkleur foto's en is bekroon as wenner van die 2009 Gourmandprys vir beste Suid Afrikaanse debuut kook- kookboek.

Oor die skrywer:
Nagtegaal is 'n regsgeleerde, sakeman, ywerige huiskok en bekroonde skrywer.














Powered by Create your own unique website with customizable templates.