• Welkom
  • Boeke
  • Produksies
  • Kontak
Picture

INFORMASIE:

ISBN: 9780980275476
Sagteband
Grootte: 140mm x 230mm 
Bladsye: 200
Publikasie datum: 15/03/08
Rakprys: R159

LEES RESENSIES:

Rapport
Die Burger
Huisgenoot

BESTEL NOU

Bestel nou teen halprys posgeld ingesluit by bev@genugtig.co.za of reinet@genugtig.co.za
Ook beskikbaar op Kalahari.net en jou naaste boek winkel.

IN LIMBO

Jackie en Reinet Nagtegaal

Die bekroonde skrywers Jackie en Reinet Nagtegaal het saamgespan om ’n insiggewende verhaal te skep wat die delikate verhouding tussen ’n ma en haar dogter skets.

Die twee lewe in limbo in hul rykmanswêreld teen die hange van Tafelberg, in ’n huis wat hulle besig is om te vergroen. 

Die ma verdryf haar tyd as lewensmentor saam met haar poedel en katelknaap.

Die dogter is ’n jong entrepreneur wat haar winste gebruik en die land volrits om opbouende praatjies oor straatkinders te lewer. 

Iets moet gebeur, iets moet verander, maar terwyl hulle wag, durf hulle die lewe aan in ’n waas van alkohol, voortdurend gewapen met ’n fles vodka in die sak. 

Die situasies waarin die twee beland, is tegelyk skreeusnaaks en hartverskeurend.

Oor die skrywers: Jackie Nagtegaal is ‘n regsgeleerde en besturende direkteur van ‘n nasionale regsbemiddelingspraktyk. Haar eerste boek, Daar is vis in die punch is met verskeie letterkundepryse bekroon. In Limbo is haar derde boek. Sy is ook medeskrywer aan Her Law (a legal guide for women)   

Reinet Nagtegaal is ‘n regsgeleerde en sakevrou. Haar eerste boek, Voorvaders kan vlieg, sê Delores, was debuutwenner in die nasionale romanwedstryd, aangebied deur Sanlam, Insig, RSG en Kwela.  Ander titels deur die skrywer is: ABRA’KDABRA  

Powered by Create your own unique website with customizable templates.