INLIGTING:ISBN: 9780958460446
Publication date: March 2005 Weight: 200g Pages: 160 BESTEL NOU:Bestel nou teen halprys posgeld ingesluit by [email protected] of [email protected]
Ook beskikbaar op Kalahari.net en jou naaste boek winkel. |
Flarde: 'n NovelleMarlize Hobbs
"Die shakes, sê ek. Ek sweet myself papnat in die nag. Ek sien goggas en goete. Die vlermuise - ek koes heeltyd koes of hulle vlieg in my vas. En oheretog! die springkane." Hy lag: "Jy het een moerse verbeelding aan jou." Soos haar karakters het Marlize Hobbs se verbeelding geen grense nie. 'n Jong, wit maatskaplike werker bevind haar in een van die mees verlate swart gemeenskappe in die land. Sy raak betrokke by 'n groep Tswanas en 'n boeiende verhaal met interessante karakters ontvou. Hierdie debuut werk word allerwee as besonder vernuwend beskou. Wenner van die UJ-prys (Universiteit van Johannesburg) vir die beste debuutwerk 2005. Wenner van die Eugene Marais Prys vir die beste debuutwerk 2005. Wenner van die Jan Rabie Rapport Prys vir innoverende Afrikaanse skryfwerk 2006. |