INLIGTINGISBN: 9780958488051
Publication date: November 2006 Weight: 100g Pages: 58 BESTEL NOU:Bestel nou teen halprys posgeld ingesluit by [email protected] of [email protected]
Ook beskikbaar op Kalahari.net en jou naaste boek winkel. |
DADJoan Hambidge
In 'n poging om die verhoudings tussen ouers en kind uit te pluis, bied hierdie bundel 'n ander sy van die digter, naamlik die weekhartige omgee van 'n dogter vir haar ouers en veral die problematiek van 'n dogter teenoor die herinneringe oor haar pa. Sonder 'n sweem van swaarwigtigheid beeld sy waaksamig soos 'n "andersoortige sekretaris" die kortstondigheid van 'n aardse lewe uit. Sy word nie net haar vader se "geheuebank" nie, maar verstaan haarself ook beter in die taksering van sy nalatenskap. Nuwe en reeds gepubliseerde gedigte omarm mekaar rondom 'n bewustheid van hoe teleurstelling in retrospeksie kan groei tot deernis en berusting: Vandag nog ruik ek 'Old Spice' in tye van onsekerheid en angs of alleenheid." |