INLIGTING:ISBN: 9780980260687
Sagteband Grootte: 150mm x 230mm Bladsye: 232 Datum van publikasie: 01/03/08 Rakprys: R139 LEES RESENSIES:BESTEL NOU:Bestel nou teen halprys posgeld ingesluit by [email protected] of [email protected]
Ook beskikbaar op Kalahari.net en jou naaste boek winkel. |
ALLES MOOI WEERDeur Karin Cronje
Tien jaar na die publikasie van Karin Cronjé se plofbare debuut, Vir 'n pers huis, verskyn haar tweede roman, Alles mooi weer. Hilette Barend, professor, is in volle vaart. Sy is dringend op soek na Pearl Poplin, haar gevallestudie, wat in die niet verdwyn het. Al wat sy van haar het, is drie oefeningboeke waarin hawelose Pearl haar veelbewoë lewensverhaal vertel: ... those who was sorry showed they where sorry but I did not want simpity I wanted love but I did not love myself... Dit word toenemend belangrik dat Pearl gevind moet word. Boonop maak min dinge deesdae heeltemal sin vir Hilette. So begin 'n aangrypende psigologiese speurtog – indien iets ooit gebeur het – wat die onstellende gedagtegang van Cronjé se fragiele en gemarginaliseerde karakters blootlê en 'n skreiende blik werp op die samelewing wat hulle gevorm het. Daar is vetknop Klaus en sy onsinnige lewe; die stomme Mpggô en haar bedlêende gesnork. En Pearl. Wat haarself so voor die swyne werp. Met haar kenmerkende sin vir galgehumor en patos ontbloot Cronjé die skrikwekkende motief van 'n lewe wat eendag nog potensiaal het en die volgende dag 'n voldonge feit is. Daarby skep sy met fantasie en 'n sweem surrealisme 'n gans nuwe erotiese woordeskat wat lig werp op dit wat so maklik verborge bly. Oor die skrywer: Karin Cronjé het die kritici aan die praat gehad met haar debuut ‘n Pers huis. Sy bly nou in Kaapstad na 'n paar jaar in Korea. |